Afgetrede Aartsbiskop Desmond Tutu se gehawende gesondheid laat my 'n bekommerde man. My vurige hoop is dat sy heksegekekkel nie sal verstil voordat hy die herrysenis van die Afrikaner en ons vestiging in ons eie land onder ons eie regering sal beleef nie. Ek begryp dat hy 'n ewige loon het wat hom toekom, maar 'n mens wil darem voel dat daar geregtigheid in hierdie wêreld ook kan wees.
Die ou lyk deesdae glad nie wel nie. Nie net was daar die baie openbare worsteling met die Siekte Wat Geen Man Toegewens Word nie, maar deesdae word die septuageneriese lyf nog aan die gestrengheid van vas onderwerp. Dis nou nadat hy aangekondig het dat hy vir die verligting van die lot van Zimbabwe se vertraptes gaan vas, een dag per week. Dis nou nie juis 'n Ghandiaanse selfkastyding nie. ('n Vriendin van my, jy kan haar maar die Suid-Afrikaanse Dorothy Parker noem, wys uit dat sy al vir langer ge-detoks het.) Maar nogtans.
Tutu het sy eie onaantasbare plekkie in die rekord van Suid-Afrikaanse politieke prestasies. Hy het weliswaar nie 'n Verwoerdiaanse intellek nie, het nie die politieke slaankrag van 'n Zuma of die werktuiglike kennis van die partypolitieke apparaat soos die geslepe Mbeki nie, maar daar is een gebied waar hy die dwarslat buite bereik van die mededinging opgestoot het. Want niemand, maar niemand in hierdie land of die buitewêreld, is 'n huigelaar van dieselfde verstommende omvang as ê, ê, ê, Tutu, Desmond Tutu, nie. In die buitewêreld is sy vernaamste kompetisie die vroom profeet van die aardverwarmingskynkrisis, Al Gore. In Suid-Afrika tree net die selfvolprese FW de Klerk aan as enige noemenswaardige kompetisie en dit eers nadat hy verlede jaar in 'n oorsig oor die tragiese Nuwe Suid-Afrika dit as 'n "sukses" verklaar het.
Die Aartsbiskop se huigelprestasie lê veral daarin dat hy skynbaar sonder 'n oogfladdering of 'n handgewriemel die liberale, populêre media se kaatsing van hom glo. Dis die media wat Tutu gegrimeer het as die Primêre Christen in die land, 'n lagwekkende idee, want as daar iets is wat die oud-inwoner van die Pastorie in Bishops nie is nie, dan is dit 'n Christen. Christenskap is uitsluitlik 'n saak van geloof en Tutu glo nie in die grondelemente van die Christelike leer nie. Vir hom is die maagdelike geboorte, opstanding en hemelvaart van Jesus 'n blote bundel mites.
Sulke tegniese besware maak min of geen indruk op die liberale media nie. Hulle was vasbeslote om nóg 'n Afrikanervyand te verhef tot asemhalende heilige. Indien 'n mens nie hulle integriteit kan bewonder nie, moet 'n mens tog jou hande saamslaan oor die mediaheliograwe wat Tutu as 'n soort Suid-Afrikaanse Francesco van Assisi of Moeder Theresa kon kaats. Kyk net na die man - dis meer sy sluwe skuiwerogies as sy haakneus wat hom soos die geslepe, Middeleeuse booswigmarionet, Puncinello, laat lyk. En hoe kan jy die opregtheid van 'n man vertrou wat elke stelling van hom met 'n staccato-"ê, ê, ê..." inlei? En tog het die media daarin geslaag om die algemene Afrikaner se siening van Tutu te verander. Baie het opgehou om hom as 'n grillerige klein emosionele swendelaar te sien. Ek is nie een van hulle nie.
Ek is ook nie te vinde vir die gedagte van Tutu die Groot Filantroop nie. Sy mees frenetiese protesteringe ten spyt, ek sal deurgaans sy voortdurende kampvegtery vir die arm mense verdink. Hy verloor te gereeld sy fokus en wys sy inhalige neuroses. Dit was veral ooglopend toe hy, met die afstootlikste jolige vermakerigheid, Swart Ekonomiese Bemagtiging - daardie proses waarvolgens witmense se geld geplunder en aan swartmense uitgedeel word - as die "vryheidsdividend" beskryf het. "Vryheid," volgens sy definisie is die afwesigheid van gesag wat swartmense sou keer om te vat wat nie aan hulle behoort nie.
As Tutu nie weldeurdag oneerlik is nie, is hy beslis 'n dwaas - en dwaasheid is nie 'n eienskap wat hoog aangeslaan word as 'n Christelike deug nie en word deeglik as leierseienskap afgekeur. Dit is net die mees vasberade oneerlikheid of die allerdigste onnoselheid wat nie kan bepaal wat die redding van die armsaliges in Zimbabwe is nie. Enige persoon met 'n knarsie integriteit, insig en meegevoel sal daarop aandring dat die blanke ras sal terugkeer om die regering, administrasie en ekonomie van daardie vervloekte land weer oor te neem. Elke dag wat dit nie gebeur nie, kan uitgemeet word in hongersnood, cholerasterftes en algemene, nasionale verguising.
'n Eerlike en wyse Tutu sal nou daadwerklik, onophoudelik op die terugkeer van blanke paternalisme aandring. Buiten vir 'n klein kader misdadigers wat deur die teenwoordigheid van die bose Mugabe besoedel is, is daar niemand in Zimbabwe wat nie hunker na die goeie ou dae onder Ian Smith se ferm, intelligente en goedhartige regering nie. Maar Tutu is nóg eerlik, nóg wys en is bereid om die totale selfverdelging van Zimbabwe te sien eerder as om dit te erken.
En dink soos ek daaroor dink, ek kan net een oorsaak vir hierdie halsstarrigheid van hom eien. Hy is doodgewoon te hubristies om die gedagte aan blanke bestuur van 'n Afrikaland te kan uitstaan. En hoogmoed is ook nie 'n gewaardeerde eienskap van 'n opregte Christen nie.
Die "vryheidsdividend" is dan nie net die bevrediging van die swartmens se gulsigheid nie, dit is ook die vertroeteling van die hoogmoed van 'n huigelaar soos Tutu. Maar "vryheid" bevat nie net 'n "dividend" nie. Dit het ook 'n premie; 'n bloedige een wat gehef word in meer as 'n miljoen mense in Zimbabwe wat al onnodig gesterf het, duisende wat ly weens cholera, miljoene meer wat 'n desperate oorlewingstryd voer as vreemdelinge in 'n vreemde land. En in Suid-Afrika self gaan die prys baie duurder, baie groter en baie bloediger wees.
Daar is 'n botsing van belange. Aan die een kant is daar die verhongering, verdelging en vertrapping van miljoene hulpelose mense. Aan die ander kant is die kosbare ego's van die Tutu's van hierdie wêreld. As hy werklik wil lyk soos die sagmoedige heilige wat die liberale media aan ons voorhou, moet hy nou eenvoudig en reguit erken dat 'n land wat deur Bantoes bestuur word, noodwendig in ellende moet verval. Dit is al.
Maar ons wag tevergeefs vir die Aartsbiskop om tot bekering te kom.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





